

ADVERTISEMENT:

Letters Date: 08 March 2018
Adriaan en Retha van Heerden, asook Gerad en Petro Taute van Louis Trichardt, skryf:
Graag wil ons net ‘n oomblik vat en ‘n paar bedankings uit ons harte doen.
Op Saterdag, 20 Januarie, rondom 17:00 het ‘n Mosambiekse spoegkobra ons vierbeen kind, Spikkels, in sy oë gespoeg asook gepik. Ons het inderhaas na die Blouberg Dierekliniek gejaag, en met ons aankoms was hy reeds bitter swak en het dit gelyk asof ons hom gaan verloor. Dr. Barend Harris was binne etlike minute by die praktyk en het vir Spikkels behandel en teengif toegedien.
Spikkels het volkome herstel! Hiermee bedank ons graag ons Hemelse Vader dat hy ons gebede verhoor het, die wonderlike personeel by Blouberg Dierekliniek vir hulle liefde, geduld en moeite, by name dr. Barend Harris, dr. Freddie Harris, dr. Gerhard Klopper, Kirsten Voigts, Rosarie Kemp, Elbe Harris, Marlize Breytenbach en Marinda van der Walt. Dankie ook vir Nedine van Deventer en al ons familie en vriende vir hulle gebede, omgee en liefde. Julle is engele gestuur uit die hemel. Ons waardeer julle meer as wat woorde kan beskryf. Baie Dankie.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
