ADVERTISEMENT:

 

Bank verander droefgeestigheid in glimlag

 

Letters  Date: 27 April 2018

 

Frans van der Merwe van Louis Trichardt, skryf:

My 80ste verjaardag het vroegoggend begin met 'n droefgeestige draai by die bankteller vir 'n paar rand vir 'n verhoorafwagtende by die tronk.

Onmiddellik nadat ek my pinkode ingetik het, is die hele skerm verlig met 'n vrolike, helder verjaardagkoekprent met flikkerende kersies onder 'n groot teks: "Gelukkige Verjaardag, Frans!"

Droefgeestigheid word skielik 'n daglange glimlag oor die vriendelike bedagsaamheid van die bank wie se naam met die eerste twee letters van die alfabet begin.

'n Groot gedeelte van die alfabet sou ek moes gebruik om volledig te kan sê hoeveel ek daardie vindingryke bedagsaamheid waardeer, Bank!

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines