ADVERTISEMENT:

 

Is dit wel die nare waarheid dat armes nie kan golwe maak?

 

Letters  Date: 31 May 2018

 

Mnr. Frans van der Merwe van Louis Trichardt, skryf:

Twee afsonderlike berigte, een in die Zoutpansberger deur Andries van Zyl en die ander in u susterskoerant, die Limpopo Mirror deur Tshifhiwe Mukwevho, het verlede week baie dieselfde kneusplekke in my gemoed gelaat deur die aanduiding van onaanvaarbare optrede deur owerheidsgesag.

Zoutpansberger berig “Minister gaan betaal ná weermag op boer skiet.” Die Mirror berig “Zimbabwean hawkers complain of police harassment.”

‘n Mens is dankbaar, soos berig in die Zoutpansberger, oor Peter Nicholson se welslae in sy skadevergoedingsaak en oor sy voortgesette aandrang op die volledige gepaste optrede teen al die betrokkenes. Wat my hart laat krimp het, is die nare waarheid van Peter se verklaring: “As dit my arbeiders was, kon hulle nie golwe maak nie. ‘n Arm persoon kan nie golwe maak nie.”

Is dit werklik die nare waarheid vir die broers Tapiwa en Batanai Mahwerera wat soos Mirror berig, in Elim sou wou “golwe maak” teen die beweerde histeriese gedrag van ‘n polisiebeampte wat volgens hul verklaring hulle te lyf gegaan en hul besittings beskadig het asof hyself bo die wet verhewe is?

Is daar nie iemand bereid om te help “golwe maak” ten behoewe van die broers Mahwerera nie?

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines