ADVERTISEMENT:

 

Wyle mnr. Jan van den Berg (27 November 1952 - 9 November 2011). Foto verskaf.

Jan verloor kankerstryd

 

News  Date: 28 November 2011

 

Mnr. Jan van den Berg (58) is op Woensdag, 9 November, in die Zoutpansberg Privaathospitaal in Louis Trichardt aan kanker oorlede.

Jan was baie geliefd by die boeregemeenskap op Levubu, waar hy 26 jaar gelede begin boer het.  U-no-me, die familieplaas van skoonpa en bekende inwoner mnr. Kallie Rottcher is weens 'n grondeis verkoop en die Van den Bergs het na Louis Trichardt verhuis. Na die verhuising het Jan nog aangehou boer.

“Hy  het daarvan gehou om die hele tyd mense om hom te hê. Jan was sagmoedig, vredeliewend en rustig en hy het baie goeie menseverhoudinge gehad. Hy kon lekker intelligent met almal gesels,” onthou vroulief Louise.

Jan en Louise is 26 jaar gelede, op 4 Oktober 1985, in die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente getroud. Hulle seuns, Chrisjan, Heinrich en Jan-Louis, is almal op Louis Trichardt gebore.

Jan was lief vir sy sport, vir lees en vir die kunste, veral vir musiek. Hy het 'n groot waardering gehad vir  ander wat musiek kan maak.

Voordat Jan na vrugteboerdery oorgeskakel het, was hy ‘n dosent by die destydse Venda Onderwyskollege. Sy onderwysvriende, sowel as sy vriende van Levubu en Louis Trichardt, het hom hierdie jaar baie ondersteun en besoek met sy kankerstryd.

“Vriende was sy lewe. Ek sal hom onthou vir sy borrelende lewenslus en die ekstrovert wat hy was,” sê Chrisjan. Sy groot liefde vir mense het ook kinders en jongmense ingesluit.

"Vir ons as vriende  neem ons afskeid van 'n besondere persoon wat geseënd was met vele talente," skryf 'n vriend.

Wyle Jan laat sy vrou, drie seuns en twee dogters, Janelle Dreyer en Sanet de Vries, asook drie kleinkinders, agter.  Die gedenkdiens is Saterdag, 12 November vanuit die Hervormde Kerk op Louis Trichardt  vir hom gehou.

Louise het haar ouers, Kallie en Linie Rottcher, en die vyf kinders en aangetroude kinders bedank, asook al die familie en vriende wat Jan die afgelope jaar tydens sy siekbed besoek en ondersteun het. Die familie bedank ook  dr. André van der Walt wat hulle baie bygestaan het, asook die personeel van die Zoutpansberg Privaathospitaal en fisioterapeut, Elmien van der Goot. Mnr. Jan Brink  van Louis Trichardt Begrafnisondernemers word bedank en ds. Petrus Kriel van Levubu,  wat die gedenkdiens waargeneem het.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines