

ADVERTISEMENT:

News Date: 28 November 2011
Die bekende en kleurvolle Johan Seegers van Louis Trichardt, of "Slo Jo" soos hy beter bekend gestaan het, is Saterdag skielik aan 'n hartaanval oorlede.
Die nuus van sy dood, net meer as 'n week voor die viering van sy 58ste verjaardag op 30 November, het vir familie en vriende as groot hartseer gekom. "Mense wat hom geken het, sal hom onthou vir sy vriendelikheid," het wyle Johan se dogter, Esteé, Dinsdag opgemerk. "Hy het ook nooit gekla nie," het sy bygevoeg.
Johan is op Musina gebore en het sy laer- en hoërskoolloopbaan op Louis Trichardt voltooi. Hierna was hy vir tien jaar verbonde aan die destydse Radio Venda, voordat hy die privaatsektor betree het.
In 2003 het Johan, wat vir jare geworstel het met diabetes, sy een been verloor en in 2006 is sy ander been ook afgesit. Ten spyte daarvan dat hy sedertdien met 'n rolstoel oor die weg moes kom, was Johan altyd vol glimlagte.
“My pa het nooit gekla nie. Hy was ‘n baie happy mens gewees,” het Esteè vertel. Lila, Johan se vrou, het dié woorde beaam. “Ons neem met verskriklike hartseer afskeid van ‘n kleurvolle karakter,” het Lila gesê.
Wyle Johan word oorleef deur sy vrou, dogter, seuns Francois en Johan, sy ma Cilla en suster Jenet Burger. 'n Roudiens vind Vrydag, 25 November, om 10:00 vanuit die Afrikaanse Protestantse Kerk in Louis Trichardt vir hom plaas.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
