ADVERTISEMENT:

 

Ligte vonnis vir piramideskema-vrou

 

News  Date: 23 January 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Uitspraak is op 12 Januarie in die Hof vir Handelsmisdade in Pretoria gelewer in die saak teen Anna Maria Magrietha Coetzee, eienaar van Louis Trichardt Finance BK (in likwidasie).

Coetzee is gevonnis tot drie jaar tronkstraf of 'n boete van R60 000. R5 000 van die boete was betaalbaar op 12 Januarie en die balans teen R1000 per maand.

Coetzee het vir ongeveer vier jaar lank 'n mikroleningsonderneming bedryf, wat later as 'n piramiedskema bedryf is. Beleggers se rente is met ander se beleggingsgeld uitbetaal is. Louis Trichardt Finance BK is in Februarie 2001 voorlopig gelikwideer. Coetzee het op 28 November verlede jaar skuldig gepleit op oortredings van die Bankwet en die Wet op skadelike sakepraktyke.

Ten tye van die uitspraak was die insolvensie-ondersoek se finale verslag nie beskikbaar nie. Die staatsaanklaer, me. Ilse Grobler, het gesê dat Coetzee aangekla is vir 'n bedrag van R1.9miljoen. By die insolvensie-ondersoek is bevind dat daar meer as R8 miljoen belê is. Die insolvensie-ondersoek se gegewens is nie in ag geneem by die uitspraak nie.

Die meer as 120 beleggers was hoofsaaklik afkomstig uit die omgewing. Onder die beleggers was sakemanne, professionele persone en pensioenarisse, wat ontberings en groot finansiële verliese gely het. Van die beleggers meen dat die hofuitspraak wys dat reg en geregtigheid nie gehandhaaf word nie en dat misdaad wel betaal.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines