ADVERTISEMENT:

 

Haarkapster by verhuurder aangerand

 

News  Date: 23 January 2004

 

MAKHADO(LOUIS TRICHARDT) - Die polisie ondersoek tans 'n saak van aanranding teen 'n vrou wat na bewering verlede Donderdag (15de) 'n plaaslike haarkapster, me. Henriette du Preez, aangerand het.

Die vrou is 'n vriendin van die man by wie me. Du Preez haar huis huur. Die aanranding is die gevolg van 'n maandelange wrywing tussen die twee.

Me. Du Preez was op die gegewe dag in die sitkamer van die huis van mnr. Joseph Davhula, die verhuurder van haar huis. Hulle was besig om oor 'n nuwe huurkontrak en die oordrag van die elektrisiteitsrekening van haar huis in haar naam te onderhandel. Terwyl mnr. Davhula sy ID-dokument in 'n ander kamer van die huis gaan soek het, het sy vriendin by die huis opgedaag.

Die vriendin het na bewering op me. Du Preez begin skel en haar met gekruide taal beveel om die huis te verlaat. Nadat me. Du Preez verduidelik het dat sy besig was met 'n besigheidsafspraak, het die vrou haar na bewering toegetakel. Volgens me. Du Preez is sy van agter gegryp, teen die grond gegooi en in die gesig geslaan en geskop. 'n Hangertjie is ook van haar nek geruk, sê me. Du Preez.

Toe mnr. Davhula weer in die kamer kom, het hy me. Du Preez gehelp om die perseel te verlaat. Me. Du Preez het dadelik die polisie ontbied en 'n aanrandingsaak aanhangig gemaak. Sy is ook deur 'n dokter ondersoek. Me. Du Preez sê sy is gretig om die saak verder te voer, al is daar versoeke tot skikking aan haar gerig.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines