ADVERTISEMENT:

 

100% Slaagsyfer vir Louwtjies

 

News  Date: 16 January 2004

 

MUSINA – Hoërskool Eric Louw se 79 matrieks van 2003 het uitmuntend presteer met 'n 100% slaagsyfer en 44 vakonderskeidings.

Die uitslae is 'n rekord vir die skool en plaas Eric Louw ook ten opsigte van matriekuitslae tussen die top skole in die provinsie. Die skool het 'n spesiale trofee van die provinsiale onderwysdepartement ontvang om erkenning te verleen aan die uitstekende prestasie.

Die skoolhoof, mnr. Louis Linde, skryf die skitterende uitslae toe aan uiters bekwame en toegewyde vakonderwysers, 'n gesonde wedywering tussen die leerlinge en sigbare ondersteuning deur die ouers. Die getal leerlinge wat met universitieitsvrystelling geslaag het, het ook drasties toegeneem.

Onder die individuele presteerders is Marlise Venter met A-simbole vir Afrikaans Eerste Taal (HG), Engels Tweede Taal (HG), Hotelbestuur en Spyseniering (SG), Aardrykskunde (HG) en 79% vir Reis en Toerisme (SG); Zelda Kotzé met A-simbole vir Afrikaans Eerste Taal (HG), Engels Tweede Taal (HG) en Rekeningkunde (HG) en B-simbole vir Biologie (HG) en Natuur en Skeikunde (HG); Adri Goosen met A's vir Afrikaans Eerste Taal (HG), Engels Eerste Taal (HG), Biologie (HG) en B's vir Rekeningkunde (SG) en Natuur en Skeikunde (HG); Christelle Mostert met A-simbole vir Engels Tweede Taal (HG), Aardrykskunde (HG) en Metaalwerk (SG) en 'n B-simbool vir Afrikaans Eerste Taal (HG); Christine Smith met A's vir Afrikaans Tweede Taal (HG), Computyping (SG) en Hotelbestuur en spyseniering (SG) en B vir Engels Eerste Taal (HG); Thulani Madinginye, met A-simbole vir Engels Eerste Taal (HG), Afrikaans Tweede Taal (HG) en Rekeningkunde (HG) en Jeneke de Swardt met A's vir Afrikaans Eerste Taal (HG), Engels Tweede Taal (HG) en Reis en Toerisme (SG) en 'n B vir Biologie (HG).

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines