ADVERTISEMENT:

 

Unieke monument op Levubu om pioniers te herdenk

 

News  Date: 21 May 2004

 

LEVUBU – 'n Unieke monument wat die vier groot vestigingsfases van die Levubu-gemeenskap uitbeeld, sal eerskomende Saterdag (22ste) hier onthul word.

Die monument simboliseer die kanale waaruit die boerderye besproei is. Die vyf kanaalsluise het elkeen 'n graniettablet wat 'n spesifieke tydperk se verhaal vertel. Een van die sementmengers waarmee die eerste huise en kanale gebou is, gaan ook onthul word. Met hierdie monument beoog die organiseerders om die identiteit van die landbougemeenskap te herdenk en dit as 'n nalatenskap te los vir geslagte wat kom.

Die onthulling vind plaas op die N. G. Kerk Levubu-gemeente se kerkterrein om 11:00.

Intussen is daar aangekondig dat die ses hektaar grond wat die afgelope 30 jaar vir die Levubu-gemeenskap as boompark ontwikkel is, as die Pionierspark benoem sal word. Die park is die grootste van sy soort noord van Pretoria en Nelspruit. Elke familie of gesin wat graag met hierdie geleentheid 'n voetspoor in Levubu wil trap, kan 'n inheemse boom kom aanplant. Vir inligting oor beskikbare bome en die koste daarvan, skakel Dianne Nel by tel. (015) 583 0017. Persone wat graag die geleentheid wil bywoon moet vooraf hul deelname bevestig by tel. (015) 583 0017, 583 0020 of 583 0235.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines