ADVERTISEMENT:

 

Tannie Minnie Bonnema oorlede

 
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – 'n Welbekende inwoner van die Soutpansberg, mev. Minnie Bonnema, is Saterdag, 10 Januarie oorlede na 'n siekbed van amper vier maande.

Hendrik en Minnie Bonnema, ouers van dominee Harm, Jan, Hennie en Marina (Truter), was vanaf 1952 woonagtig op Levubu. In 1980 trek hulle na Louis Trichardt, waar tannie Minnie as baasbakster steeds baie aktief was by Geur-en-Genot se tuisnywerheid. Oom Hendrik is in 1990 oorlede.

Tot met haar afsterwe was tannie Minnie betrokke by die Gister-se-Jeug Dienssentrum vir bejaardes en by die N.G. Kerk Moedergemeente. Sy sal onthou word as 'n liefdevolle, gasvrye persoon wat voortdurend besig was met die pragtigste hekel- en breiwerk. Haar kinders en kleinkinders het opgemerk dat hulle nie vir 'n meer toegewyde, besorgde ma en ouma kon gevra het nie.

Die Bonnema-familie het hul dank en waardering uitgespreek teenoor alle familie en vriende wat vir tannie Minnie so gereeld besoek het en verneem het na haar welstand – ook haar Dienssentrum- en Palmhofvriende. Hulle het ook hul dank uitgespreek teenoor drs. Van Der Walt, De Villiers en Badenhorst vir hul liefdevolle versorging, asook die personeel van die Zoutpansberg Kliniek. 'n Woord van dank is ook geopper teenoor dss. Willem Boshoff, Petrus Kriel, Wynand Minnaar, Piet van der Merwe en dr. Dekker vir hul ondersteuning.

News - Date: 16 January 2004

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: