ADVERTISEMENT:

 

Wyle mnr. Eric Brown (7 Oktober 1947 – 26 November 2011)

Motorfietsongeluk eis oud-inwoner

 

News  Date: 19 December 2011

 

‘n Motorfietsongeluk het die lewe van mnr. Eric Brown (64) geëis.

Die ongeluk het op Saterdag, 26 November, naby Kareedouw in die Suid-Kaap plaasgevind. Volgens sy bedroefde dogter, me. Luzelle Brown, was dit ‘n fratsongeluk, waarin die petrol vasgehaak het en haar pa beheer oor die motorfiets verloor het. Hy het vier ure na die ongeluk aan sy beserings beswyk.

Brown, pa van Luzelle en Chanel van Louis Trichardt, is op 7 Oktober 1947 in die Humansdorp omgewing gebore. In die sewentigerjare het hy die Sentraal Slaghuis in Louis Trichardt besit en was baie bekend in die slaghuis- en vleisbedryf.  Eric was ook lid van die Rotariër motorfietsklub.

Brown woon die afgelope 24 jaar in die Kaap, met George as sy werksplek.  Hy het gereeld opgekom na die noorde en was baie lief vir die Bosveld.

Brown laat sy twee dogters en talle familielede en vriende agter.

‘n Roudiens is vir hom  op 3 Desember in Mosselbaai gehou. Daar sal ook ‘n roudiens vir hom op 22 Desember om 14:00 in Laerskool Louis Trichardt se skoolsaal gehou word.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines