ADVERTISEMENT:

 

Gewapende rowers slaan toe op Levubu

 

News  Date: 09 January 2004

 

LEVUBU – Gewapende rowers het met ‘n bedrag van meer as R43 000 weggekom in ‘n aanval op ‘n sakekompleks naby Levubu.

Volgens die polisie op Levubu het vyf mense Maandagoggend omstreeks 09:30 by die Green Haven (voorheen Border Motors) kompleks opgedaag. Twee van hulle was met ligte handwapens gewapen. Hulle het na bewering ‘n bedrag van R43 200 buitgemaak. Volgens inspekteur Makondelele van die polisie op Levubu, is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die bestuurder van die onderneming, mnr. Nieber van Tonder, het by navraag gesê dit was duidelik dat die rowers goed ingelig was oor die hele opset by die sentrum en ook presies geweet het waar die geld gehou word.

“Hulle het reguit na die plek gekom waar ek agter in die gebou besig was. Die twee gewapende mans het my en die sekretaresse in die kantoor vasgebind en toegemaak en, sonder om enige vrae te vra, doodluiters reguit na die plek gegaan waar die geld gehou word.”

Volgens mnr. Van Tonder is een van sy werknemers onlangs weg, nadat hy omstreeks 02:00 die oggend in die winkel betrap is.

“Ons weeklikse voorraadopnames het getoon dat daar van ons voorrade verdwyn. Van ons kliënte het my ook ingelig dat die betrokke werknemer voorrade privaat teen sowat halfprys aan hulle aanbied.”

Hoewel nie een van die rowers aan mnr. Van Tonder bekend was nie, vermoed hy dat hulle inligting van die voormalige werknemer ontvang het.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines