ADVERTISEMENT:

 

Minder ernstige ongelukke oor feestydperk

 

News  Date: 09 January 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die getal ernstige ongelukke oor die feestydperk het vanjaar ‘n merkbare afname getoon.

Na wat verneem word was daar gedurende die Kerstydperk slegs een noodlottige ongelukke waarin ‘n man op die N1 suid na Polokwane oorlede is. Ander ernstige ongelukke het ook voorgekom maar sonder lewensverlies in en om die dorp. Daar was egter heelwat van die gewone ligte botsings sonder beserings.

Die afname aan ernstige ongelukke word toegeskryf aan ‘n suksesvolle Arrive Alive-projek en die harde werk van plaaslike verkeersbeamptes. Daar word verwag dat verkeersvolumes sal toeneem oor die naweek, veral vanweë die feit dat die provinsie se skole volgende week (13de) open.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines