ADVERTISEMENT:

 

Sakeman sterk aan na nieroperasie

 

News  Date: 21 May 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Bekende sakeman, Eddie Schlesinger, sal na verwagting teen die einde van aanstaande week terugkeer huistoe, na 'n nieroperasie in Pretoria.

Mnr. Schlesinger is Maandagoggend opgeneem in die Urologiese Hospitaal in Pretoria, waar sy een nier verwyder moes word.

Hy was Woensdag reeds weer op die been, maar het nog heelwat pyn verduur en sou na verwagting Vrydag (21ste) die hospitaal kon verlaat. Hy sal egter eers in Pretoria aansterk, voordat hy huiswaarts keer.

Mnr. Schlesinger was sowat vier jaar gelede ook in die nuus toe hy tydens 'n oorsese vakansiebesoek ernstig siek geword het aan serebrale malaria. Hy moes 'n geruime tyd in 'n hospitaal in Italië behandeling ontvang, waar hy in 'n uiters ernstige toestand opgeneem is. Hy het indertyd wonderbaarlik volkome herstel.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines