ADVERTISEMENT:

 

Plaaslike sanger neem deel in Los Angeles

 

News  Date: 14 May 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Jong plaaslike sangtalent, Christoff Cronjé, het sy oog op wêreldbekendheid, nadat hy onlangs gekwalifiseer het vir deelname aan die wêreldkampioenskappe vir uitvoerende kunste in Los Angeles vanaf 3 tot 10 Mei.Hy het sy deelname aan die byeenkoms verseker deur twee goue en vier silwer medaljes in te palm tydens die nasionale kampioenskappe vir uitvoerende kunste wat in April op Rustenburg aangebied is. Hy het die medaljes verower in die afdelings vir duet en solosang. In 2003 is die wêreldkampioenskappe op Stellenbosch aangebied waar Christoff 'n silwer en 'n brons medalje ingepalm het in die duet-afdeling. Maar soos enige iets in die lewe, kos deelname aan 'n oorsese kampioenskap baie geld. Hy benodig sowat R30 000 om sy droom te bewaarheid. Hy het persone uitgenooi om hom te borg en sê dat hy selfs teen betaling optredes sal lewer. Vir meer inligting, skakel 082 431 9259.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines