ADVERTISEMENT:

 

Willem Kotze, leerlingraadslid van Hoërskool Louis Trichardt, spog met sewe onderskeidings.

Willem wil gaan organe kweek

 

News  Date: 16 January 2012

 

Willem Kotze, 'n leerlingraadslid van Hoërskool Louis Trichardt, spog met sewe onderskeidings na afloop van die 2011-matriekeksamen.

Sy sewe onderskeidings het hy behaal in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal,  wiskunde,  wiskunde 3, fisiese wetenskap, lewenswetenskap (biologie) en lewensoriëntering.

Willem (19) het alreeds vertrek na Bloemfontein, waar hy medies gaan studeer by die Universiteit van die Vrystaat.

Dokters se spreekkamers het baie van Willem gesien as jong kind wat met asma gesukkel het. Dit was waarskynlik hierdie besoeke wat die saadjie geplant en Willem se belangstelling geprikkel het.

Willem sê dat hy ‘n jaar gelede finaal op medies besluit het.

“Ek sal graag wil spesialiseer, al is ek nog nie seker in watter veld nie. Ek sal egter myself so goed wil kwalifiseer dat ek ook soos ‘n professor Chris Barnard ‘n eerste in die wêreld doen. Die navorsing oor stamselle het ‘n legio van moontlikhede oopgemaak. Watter orgaan het jy nodig? Gee my kans, ek gaan dit nog vir jou kweek!” sê Willem.

Wat raai Willem vir sy mede-leerders aan?

“Dit is volgehoue, harde werk en nie net inspring voor die eksamen nie. Dus is dit ‘n lewenswyse. Dit is ook belangrik om elke dag by die skool te wees, anders verloor jy belangrike werk,” sê Willem, wat self die afgelope 12 jaar nooit ‘n enkele skooldag afwesig was nie, aangespoor deur ma Laetitia, self ‘n onderwyseres by die hoërskool.  Pa Willem is ‘n plantasiebestuurder by Entabeni en twee jonger sussies, Amari  en Wilné, mik nou om in Willem se voetspore te volg.

Willem bedank sy ouers vir hul ondersteuning en motivering , sy uitstekende onderwysers en skoolhoof, mnr. Denner, asook sy  Skepper vir gesondheid en talente.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines