ADVERTISEMENT:

 

Reddingswerkers staan by die verfrommelde wrak van mnr. Frans Nortjé se Isuzu bakkie verlede Woensdag. Nortjé is opslag dood nadat hy in ´n tromp-op botsing met ´n ligte vragmotor betrokke was.

Frans Nortje sterf in gru-ongeluk

 

News  Date: 16 January 2012

 

Meer as ‘n week ná die gru-ongeluk waarin ‘n inwoner van Louis Trichardt dood is, heers daar steeds grootskaalse verwarring oor die oorsaak van die ongeluk.

Mnr. Frans Nortjé (51) was verlede Woensdagoggend op pad vanaf Levubu na Louis Trichardt toe die ongeluk sowat 3km voor die dorp plaasgevind het.

Nortjé het met sy bakkie tromp-op met ‘n ligte vragmotor gebots wat in die teenoorgestelde rigting gereis het. Die vragmotor het 'n vrag vrugtesap vervoer. Tydens impak is die kajuit van Nortjé se bakkie feitlik geheel en al verwoes.

Die bakkie het etlike kere buite beheer oor die pad getol voordat dit uiteindelik tot stilstand gekom het. Wrakstukke van die bakkie was oor 'n groot area versprei.

Nortjé is op slag dood. Die bestuurder van die vragmotor het ligte beserings opgedoen waarvoor hy behandeling op die ongelukstoneel ontvang het. Die pad, wat ook besaai was met koeldrankstroop, moes gesluit word vir 'n paar ure vir opruimingswerk.

Plaaslike polisiewoordvoerder kapt. Maano Sadike het Maandag gesê dat die oorsaak van die ongeluk nog nie bekend is nie en onderhewig is aan ‘n polisie ondersoek. Hy het bevestig dat daar ‘n saak van strafbare manslag ondersoek word.

Volgens Nortjé se dogter Jacqueline het die gesin na Louis Trichardt verhuis vanaf die Oos-Vrystaat in 1999. Sedert 2003 het hy kontrakwerk gedoen vir Komatiland Forests. Ten tye van sy dood het Nortjé ook sy eie werktuigkundige onderneming bestuur.

Nortjé laat sy eggenote Hanlie en hul drie kinders Johanette, Jacqueline en Frans (jnr.) agter. ‘n Roudiens word hierdie Vrydag (13 Januarie) vanuit die Nederduitse Gereformeerde Kerk op Levubu vir Nortjé om 12:00 gehou.

Na afloop van die ongeluk het die familie hulle opregte dankbaarheid uitgespreek teenoor al die noodpersoneel wat op die toneel was, asook die personeel van Komatiland en almal vir hulle gebede en oproepe van bemoediging.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines