

ADVERTISEMENT:

News Date: 20 December 2002
WATERPOORT – 'n Gesiene boer en voormalige onderwyser, mnr. Andrew McEwan (62) van die plaas Varkfontein, is Dinsdagoggend hier in 'n tragiese skietongeluk dood.
Mnr. McEwan, wat vermoedelik 'n probleemdier probeer opspoor het, is noodlottig getref, toe die sneller van sy geweer oënskynlik aan 'n draad gehak het, terwyl hy besig was om deur die heining terug te keer na sy voertuig.
Mnr. McEwan was 'n aktiewe lid van georganiseerde landbou en het veral leiding geneem in verskeie studiegroepe in verband met varsproduk bemarking. Hy was vroeër van Levubu.
Op Varkfontein het hy met groente geboer, terwyl hy en lede van sy gesin ook besig was met die ontwikkeling van 'n wildplasie. Hy laat sy vrou Susan, drie seuns,'n getroude dogter en vier kleinkinders agter.
'n Roudiens vir wyle mnr. McEwan word Vrydag om 09:30 in die Hervormde Kerk op Louis Trichardt gehou.

ADVERTISEMENT:
