ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Boere gewaarsku dat druk gaan toeneem

 

News  Date: 23 January 2012

 

Te midde van sy goeie wense vir die nuwe jaar aan inwoners van die Soutpansberg het mnr. Stephen Hoffman, voorsitter van die Soutpansberg Distrikslandbou-Unie (SDLU), ook gewaarsku dat boere hulle hierdie jaar moet gereed maak vir meer druk op kommersiële landbou vanaf regeringskant.

“Die regering het hul oog op landbou se waterbronne en wil ‘n gedeelte daarvan wegneem om aan mynbou en landelike gemeenskappe te gee. Daar word gesinspeel dat ons grond te duur is om te koop en dat dit onteien moet word sonder vergoeding. Die groenskrif wat einde 2011 gesirkuleer het, berei die pad voor vir so ‘n proses. Die eis dat ons moet weggee sonder dat daarvoor gewerk word en talle onbillike wetgewings wat regstaan om die landbouer te pootjie, gaan toeneem,” het Hoffman in ‘n mediaverklaring gesê.

Tog het Hoffman bygevoeg dat hierdie situasie nie uniek is nie.

“Witmense in Suid Afrika is nie die eerste minderheidsgroep wat onderdruk word en van hulle eiendom vervreem word deur onderdrukkende, diskriminerende wetgewing en ander vorms van strukturele geweld nie. Dit het al baie keer in die geskiedenis gebeur en sal weer in die toekoms gebeur. Die manier waarop ons daarop reageer kan deur ons bepaal word. Die vraag is steeds hoe ons as minderheid die kundigheid, energie en strukture kan gebruik tot beste voordeel van almal,” sê Hoffman. Hy meen die oplossing lê daarin dat almal moet hande vat, hul kundigheid deel en sodoende die gemeenskap maksimaal kan uitbou.

Hoffman het gesê dat landbou al hoe belangriker gaan word omdat mense moet eet en bitter min mense in die wêreld is in staat om hul eie kos te produseer, en nog minder in staat is om meer te produseer sodat ander mense ook gevoed kan word.

“Dit is daarom die roeping en plig van die lede van SDLU om landbou te beskerm en uit te bou, sodat ons aan ons roeping en plig gehoorsaam kan wees. Ons is landbouers. Ons produseer kos vir ‘n skynbaar nimmereindigende ontploffende bevolking. Laat ons nie vaskyk teen politieke klippe in die pad nie. Laat ons fokus op ons opdrag. Dan sal ons die loon van ons arbeid ontvang,” het Hoffman gesê.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines