ADVERTISEMENT:

 

Wyle mnr. “Whitey” Pretorius (63). Foto verskaf.

Oom Whitey se stem word stil

 

News  Date: 23 January 2012

 

Die Soutpansberg-gemeenskap het die afgelope week nog ‘n bekende aan die dood afgestaan.

Mnr. Petrus Frans Jakobus Pretorius, alombekend as Oom Whitey, is Maandagoggend na ‘n kort siekbed in die ouderdom van 63 jaar in die Zoutpansberg Privaathospitaal in Louis Trichardt oorlede.

Pretorius was vir jare verbonde aan die destydse Transnet, waarna hy vir meer as ‘n dekade ‘n bekende gesig by Zoutpansberg Milling was. Vir die laaste paar jaar en tot sy afsterwe was hy as voorman betrokke by J3 Stoetery buite die dorp.

Pretorius word oorleef deur sy eggenote Meisie, kinders Ella, Hannetjie, Albie, Frans en Lana, en ses kleinkinders en skoonkinders.

“Ons liefste pappa en man. Ons weet jy is nou op ‘n beter plek,” was die boodskap van die familie. Hulle het hul dank uitgespreek teenoor die dag- en nagpersoneel van die Zoutpansberg Privaathospitaal, asook dr. André van der Walt.

“Dankie dat julle dit vir ons pappa so gemaklik moontlik gemaak het tot op die laaste.”

Wyle Pretorius word Vrydag, 20 Januarie, om 11:00 vanuit Shammah Bedieninge (ou PPK) in Rissikstraat begrawe.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines