

ADVERTISEMENT:

News Date: 23 January 2012
Oud-sakeman en bekende in boerderykringe in die Soutpansberg, mnr. Nico Scheepers, is Vrydag, 13 Januarie, na ‘n kort siekbed in die ouderdom van 60 jaar oorlede.
Scheepers was ‘n boorling van die Soutpansberg en is op 8 Maart 1951 in die destydse kraaminrigting in Louis Trichardt, vandag bekend as die Zoutpansberg Privaathospitaal, gebore. Hy voltooi beide sy laer- en hoërskoolloopbane hier. Op hoërskool was hy ‘n kranige atleet en verwerf vanaf 1964 tot 1968 elke jaar provinsiale kleure. Hy was ook tamboermajoor en onderhoofseun by Hoërskool Louis Trichardt.
Na hy in 1968 matrikuleer, verrig hy vir drie jaar nasionale diensplig onder meer as lid van die staatspresident se erewag. Scheepers volg dit op met ‘n loopbaan van sewe jaar in elektrotegniese rekenaarswese in Johannesburg.
In 1978 keer Scheepers terug na sy geboortedorp en begin ‘n suksesvolle eie onderneming, bekend as Sennic Algemene Ingenieursbenodighede. Vanaf 1980 en 1990 dien hy ook ondermeer as bestuurslid van die Soutpansberg Afrikaanse Sakekamer, asook as raadslid van die Louis Trichardt Munisipaliteit vanaf 1982 tot 1989.
In 1992 sluit Sennic se deure, waarna Scheepers hom op boerdery toespits, eers saam met Piet Henning en later saam met Bill Oldreive. Hy en Bill begin ook ‘n vyekonfyt-inmaakfabriek wat in daardie stadium ‘n nuutjie was vir die Soutpansberg en Limpopo Provinsie. Die laaste paar jaar tot met sy dood was hy verbonde aan Zet B Voere, waar hy in alle opsigte De Wet van Wyk se regterhand was.“Sy lojaliteit en eerlikheid was onberispelik,” het Van Wyk Maandag gesê.
Scheepers se gesondheid het vanaf November verlede jaar dramaties agteruit gegaan vanweë kolonkanker wat aggressief na die res van sy liggaam versprei het. Hy sal deur familie en vriende onthou word vir sy liefde vir die natuur, om te jag en om langs ‘n kampvuur te kuier. Hy was besonders lief vir visvang.
“Sy besoeke aan Suidwes [Namibië] en Kariba was van sy gelukkigste tye,” vertel sy eggenote Christelle. Scheepers word oorleef deur sy eggenote, kinders Nico, Rochelle en Stephanie, en uitgebreide familie- en vriendekring.
“Weens sy innemende geaardheid het hy vriende gemaak waar hy ookal gegaan het,” sê Christelle.
‘n Gedenkdiens vir Scheepers word op Donderdag, 26 Januarie om 11:00 gehou vanuit die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente.
Die familie het ‘n woord van dank gerig aan Bill, De Wet, Wouter, Annetjie, Brink, Johan, Koos, Nellie en al sy ander naby-vriende en familie vir hul vriendskap met Scheepers. Dank gaan ook aan ds. Jan, dr. Stroebel, die personeel van die Zoutpansberg Privaathospitaal, die Makhado Care Group en almal wat Scheepers besoek het die laaste paar dae voor sy afsterwe.
“Ons waardeer elke gebed, traan en handdruk,” sê die familie.
Special thanks also went to Father Frank Gallagher of the Catholic Church, the convent sisters, the Catholic Church choir and members of the Catholic community for their prayers and numerous visits.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
