

ADVERTISEMENT:

News Date: 30 January 2012
Daar is talle ooreenkomste tussen die inbraak by die Van der Merwe- en Du Preez-families, alhoewel die polisie traag is om nou al te bevestig dat dit die werk van dieselfde groep inbrekers is.
Die ooreenkomste tussen die twee inbrake is:
* Nie die Van der Merwe- of Du Preez-families het honde op hul erwe nie;
* In beide gevalle is ‘n boutsnyer gebruik om die diefwering te knip;
* In beide gevalle is daar by ‘n kombuisvenster aan die agterkant van die woning ingebreek;
* In beide gevalle was die wonings omring deur vol grasperke of plaveisel – nie grond nie, wat dit makliker sou maak om voetspore te lig;
* Beide wonings is dieselfde aand geteiken;
* In beide gevalle is slegs elektroniese ware gesteel; en
* In beide gevalle is daar nie deurbeweeg na die slaapgedeeltes van die huise nie.
Mnr. Dirk Meissenheimer van die Soutpansberg Dorpswag vermoed ook dat dit die werk van dieselfde groep mense kan wees, alhoewel hy dit ook nie kan bevestig nie. As raad aan inwoners het hy aanbeveel dat mense maar ‘n hond of twee moet aanskaf om hul te help om hulself te beveilig.
“Kry ook maar ‘n paar buiteligte en maak seker dat huissleutels nie maklik bekombaar is soos om dit in die deur te los nie,” sê hy. Verder meen hy dit is ‘n goeie idee om in die aand ook die huis se gordyne toe te trek.
“Ek weet dit is moeilik, maar al is dit warm, maak die kamervensters toe in die aand,” sê Meissenheimer.
Plaaslike polisiewoordvoerder kapt. Maano Sadike het op sy beurt inwoners gewaarsku om versigtig te wees om sommer mense van die straat af wat stukwerk soek, aan te stel. In gevalle waar mense wel aangestel word, sê Sadike, is dit belangrik om ‘n afskrif van die werkers se ID, kontakbesonderhede, adres en besonderhede van sy of haar naasbestaandes te kry.
“Wanneer daar dan ingebreek word en die vermoede bestaan dat die werker betrokke kan wees, maak dit die polisie se taak soveel makliker om die saak te ondersoek,” het Sadike gesê.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
