ADVERTISEMENT:

 

Gewapende rowers buit R75 000

 

News  Date: 13 December 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Sowat R17 500 is Maandag hier in 'n gewapende roof van 'n plaaslike maatskappy gesteel, toe twee gewapende rowers 'n maatskappy voertuig voorgekeer en die bestuurder aangerand het.

Volgens'n polisieverslag is 'n 30-jarige werknemer van die onderneming Soutpansberg Koelkamers aangerand, van sy persoonlike geld, selfoon en bankkaarte beroof, voordat sy aanvallers met sowat R17 500 van die maatskappy se geld op die vlug geslaan het. Teen druktyd was hulle nog op vrye voet.

Volgens die verslag het die voorval Maandagaand by Die Vleismark in Rissikstraat begin, terwyl die werknemer besig was met invorderings. Hy is deur twee gewapende mans gekonfronteer, wat in die voertuig ingeklim en hom in die stuurkajuit aangehou het.

Die maatskappy vragmotor is hierna op die Madombidza-pad tot by die Elim-gruispad uitgeneem waar dit digby die spoorwegkruising tot stilstand gebring is. Hier is die werknemer na bewering aangerand deur die rowers, wat geld van hom geëis het. Hy het altesaam R800 van sy eie geld, tesame met sy bankkaarte en selfoon aan hulle oorhandig.

Die rowers was egter nie hiermee tevrede nie en het voortgegaan om hom aan te rand, totdat hy die ingeboude kluis in die voertuig aan hulle uitgewys het, waaruit hulle R17 500 geneem het.

Volgens die verslag het 'n ander voertuig sowat tien minute later op die toneel aangekom. Die rowers het met hul buit op die vlug geslaan en die werknemer by sy vragmotor agtergelaat.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines