ADVERTISEMENT:

 

Me Rika Trollip skenk bloed, met sr. Riana Viviers aan haar sy. Die gemeenskap het saamgestaan om die groottotaal van 260 eenhede bloed te skenk, die meeste wat nog by ‘n skool se eerste groot bloedskenkdag geskenk is.

Inwoners bloei ´n rekord getal eenhede

 

News  Date: 23 March 2012

 

‘n Rekord aantal eenhede bloed is deur die gemeenskap by Laerskool Louis Trichardt se eerste groot  bloedskenkdag geskenk.

“Dis fantasties. Ons is uit ons velle oor hierdie massiewe poging. Dit is die hoogste aantal eenhede bloed wat nog by ‘n Limpopo skool se eerste groot bloedskenkdag geskenk is!” sê me. Dottie Pinn, die SANBD se skakelbeampte in Polokwane.

Ouers, grootouers, familie en vriende het saamgestaan om die groottotaal van 260 eenhede bloed te skenk. Dit is slegs 14 eenhede minder as wat die derde bloedskenkdag van Pietersburg Laerskool (Suidskool) opgelewer het.

“Normaalweg skenk skole met so ‘n eerste geleentheid ongeveer 150 eenhede. Ons kry dit nie dat ‘n skool vir die eerste keer meer as 200 eenhede skenk nie. Ons is so in ons noppies met julle gemeenskap. Ons is ook dankbaar vir die nuwe bloedskenkers wat bygekom het,” sê Pinn.

Jakaranda RMFM het direk vanaf die skool uitgesaai en die publiek op datum gehou met die eenhede bloed wat inkom.

“Julle gemeenskap se bloedskenkdag het ons bloedvoorraad ‘n goeie hupstoot gegee. Die persone wat bloed ontvang, sluit in kankerpasiënte, kindergeboorte en ginekologiese pasiënte, traumagevalle en mense wat heupvervangingsoperasies of rugoperasies ondergaan, om net ‘n paar te noem,” sê Pinn. In Limpopo word daagliks 150 tot 180 eenhede bloed benodig.

Elkeen wat bo 50kg weeg, wat tussen die ouderdom van 16 en 65 jaar is en ‘n veilige, gesonde leefstyl handhaaf, kan bloed skenk. Suster Riana Viviers van die bloeddiens in Louis Trichardt sê dat sy verheug is oor die 260 bloedskenkers wat opgedaag het. Daar was 15 persone van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens wat die bloedskenkdag behartig het.

“Daar was ‘n konstante vloei van skenkers. Ons het 07:00 begin en eers 19:30 klaargemaak,” sê die skool se organiseerder van die bloedskenkprojek, adjunkhoof vir menslike hulpbronne me. Stienie Fourie. Die skool bedank die ouers en die gemeenskap vir hul uitstekende ondersteuning, die SANBD vir hul werk en verversings, asook vir Jakaranda RMFM.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines