ADVERTISEMENT:

 

Tragedie op vooraand van eklips

 

News  Date: 06 December 2002

 

MUSINA – Die dorp is op die vooraand van die sonsverduisteringfees in rou gedompel deur die tragiese ongeluk waarin een skoolmeisie dood en nog een beseer is.

'n Noodvlug per helikopter na Polokwane, kon nie die lewe red van Valerie van Schalkwyk wat Woensdag ernstig beseer is toe sy deur 'n voertuig raakgery is. Die stryd om haar lewe te red is Donderdagaand, 28 November beëindig toe daar besluit is om die masjiene af te skakel wat haar kunsmatig aan die lewe gehou het. Sy is in Polokwane veras. 'n Roudiens is Maandag op Musina in die NG Kerk vir haar gehou.

Cora-Marie Schoeman, 'n skoolmaat van Valerie wat in dieselfde ongeluk beseer is, is na behandeling in die hospitaal op Musina ontslaan. Sy is volgens verslae net skrams getref, toe sy saam met Valerie die straat probeer oorsteek het.

Ethrisia Stander, 'n vriendin wat saam met die twee meisies was, is ongedeerd, nadat sy op die laaste oomblik besluit het om te bly staan en nie die straat te kruis nie. Al drie die meisies is verbonde aan die Hoërskool Eric Louw.

Valerie is deur die voorkant van die voertuig getref en is met ernstige kopbesering in die hospitaal op Messina opgeneem. Sy is kort daarna per helikopter na Polokwane (Pietersburg) oorgeplaas vir intensiewe sorg.

Die bestuurder van die voertuig wat in die botsing betrokke was, het klaarblyklik nie oor 'n rybewys beskik nie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines