ADVERTISEMENT:

 

Wyle oom Helgard Cronjé (81).

Oom Helgard Cronjé oorlede

 

News  Date: 23 April 2012

 

‘n Bekende oud-inwoner van Louis Trichardt, oom Helgard Cronjé, is Sondagoggend in die ouderdom van 81 jaar oorlede.

Oom Helgard was tot sowat nege jaar gelede woonagtig in Louis Trichardt, waar inwoners hom sal onthou vir sy betrokkenheid as kerkraadslid by die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente. Vir bykans vyf dekades het hy op die plaas Buffelspoort langs die Sandrivier geboer, derhalwe was hy ‘n bekende ook in boerderykringe en die plaaslike sakegemeenskap. Die laaste paar jaar voor sy vertrek na sy dogter, Ronel, in Rustenburg (later na Kemptonpark), het hy hoofsaaklik met katoen geboer.

“Ons sal hom onthou vir sy uitsonderlike liefde vir die natuur en veral voëlsoorte en die beskerming van aasvoëls en roofvoëls,” sê seun Pieter.

Oom Helgard is oorlede ná drie onlangse operasies. Sy liggaam het gesukkel om te herstel.

‘n Roudiens vir wyle oom Helgard word om 10:30 op Donderdag, 19 April, in Pretoria gehou. Vir meer besonderhede hieroor, kan Pieter geskakel word by tel 082 551 1962.

Wyle oom Helgard word oorleef deur sy susters tannie Martie Eloff, Kotie Malan en Alet Harrington, seun Pieter en dogter Ronel en kleinkinders André, Carel, Helgard, Roché en Esteé.

Pieter en Ronel het alle mense wat naby hom geleef het en gereeld navraag oor hom gedoen het opreg bedank.

“Ons waardeer al die belangstelling,” sê hulle.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines