ADVERTISEMENT:

 

Honde sonder emosie by DBV gestort

 

News  Date: 15 November 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Lede van die plaaslike DBV het die afgelope week hul skok uitgespreek oor hoe ver sekere mense sal gaan om van "probleemdiere" ontslae te raak.

Dit volg na 'n voorval Sondag toe 'n vrou in 'n blou bakkie by die DBV-terrein opgedaag het en doodeenvoudig twee volgroeide Fox Terriers by die hek ingegooi het. Die honde het los rondgehardloop binne die terrein, tot groot ontsteltenis van beide hulself en die ander honde. Die vrou het daarna, sonder om met enige van die personeel te praat, 'n sak toegevoude hondekos neergeplak, in haar bakkie geklim en weer gery.

Personeellede het daarna vir 'n groot deel van die oggend gespook om die twee honde weer te vang. Hul grootste skok sou egter eers heelwat later die dag kom by nadere inspeksie van die sak hondekos wat die vrou agtergelaat het.

Na die petalje met die vang van die honde, het 'n personeellid, Eddie, op 'n stadium die sak hondekos gevat om te gaan wegsit. Gelukkig het hy eers besluit om die sak oop te maak. Groot was sy verbasing toe hy 'n uitasem ses weke oue Fox Terrier reuntjie in die sak vind. Die hondjie was erg getraumatiseerd en het aanhoudend gebewe.

Mev, Bea Reimer van die plaaslike DBV het Maandag haar sterk uitgespreek oor die vrou se optrede.

Hoekom moet mense sulke dinge doen? Ons wys niemand by ons hokke weg nie. As sy 'n probleem met die diere gehad het, kon sy maar net met ons gepraat het," aldus mev. Reimer.

Mev. Reimer het inwoners uitgenooi om Stephen by die DBV te skakel by tel. 082 965 5151 indien hulle probleme met diere ondervind of navrae het oor die organisasie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines