ADVERTISEMENT:

 

Oer-reus se arms word wreed geskend

 

News  Date: 15 November 2002

 

WATERPOORT – Ontsteltenis heers onder die gevestigde inwoners van die Waterpoort-gemeenskap oor die sinnelose skending van 'n eeue-oue landmerk in die omgewing.

'n Oeroue kremetartboom, wat waarskynlik onder die heel oudste van sy soort in die omgewing tel, is oënskynlik tydens die oprigting van 'n grensheining erg beskadig. Verskeie takke van die boom, waaronder een van sy prominentste sytakke is sonder enige opvallende rede afgebreek.

Die boom staan digby die grens van die padreserwe langs die teerpad na Alldays, buite Waterpoort, maar is duidelik nêrens naastenby in die pad van die draadspannery op die plaasgrens nie.

Dit is 'n bekende landmerk wat deur die jare talle kunsskilders geïnspireer het. Die geliefde Bosveld reus vorm ook die middelpunt van talle vertellings en oorlewerings.

Die ongeoorloofde skending van die beskermde boomsoort is reeds by die omgewingsbewaringsowerheid en by die polisie aangemeld. Die plaaslike boerevereniging het ook skriftelike besware ontvang van sy lede wat hul verontwaardiging uitspreek oor die onaanvaarbare skending van die boom.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines