ADVERTISEMENT:

 

Alldays-paartjie sterf na skietery

 

News  Date: 15 November 2002

 

ALLDAYS – 'n Paartjie het hier tydens die vroeë ure van Sondag (10de) in 'n tragiese skietvoorval gesterf.

Volgens 'n woordvoerder van die SAPD het die noodlottige skietery gevolg op 'n argument tussen me. Louise Botha (33), 'n werknemer by die plaaslike hotel, en haar vriend, mnr. Rudolph Venter (43). Die twee is Sondag tussen 01:00 en 02:00 dood.

Venter het vermoedelik eers sy vriendin en daarna homself met 'n .303-geweer geskiet in die kamer wat hulle gedeel het.

'n Moorddossier en 'n dossier vir 'n geregtelike doodsondersoek is geopen.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines