

ADVERTISEMENT:

News Date: 08 November 2002
LOUIS TRICHARDT - Die Soutpansberg Distrik Landbou-unie het hom skerp uitgespreek teen 'n sinistere inbraak by die landbou-unie se kantoor op die dorp.
Die voorsitter van die Soutpansberg DLU, mnr. Dries Joubert, het sy verontwaardiging uitgespreek oor 'n sluipinbraak waartydens daar oënskynlik gekonsentreer is op die gerekenariseerde rekords en adreslyste van die organisasie.
Volgens aanduidings het die inbreker ongedwonge toegang tot die kantoor verkry, deur die gesluite deurslot op deskundige wyse oop te maak. Geen hardeware is gesteel nie. Bloot sagteware met die organisasie se administratiewe rekords is weg.
Mnr. Joubert het sy verontwaardiging uitgespreek oor sulke optrede in die nuwe Suid-Afrikaanse demokrasie. Hy sê die sluipinbraak herinner sterk aan die gewraakte werkswyse van die vorige bewind.
"Ons is 'n oop diensorganisasie en ons rekords bevat geen geheime nie. Enigiemand wat belangstel kan tersake inligting vryelik by navraag by ons bekom," het hy gesê.

ADVERTISEMENT:
