ADVERTISEMENT:

 

Vrou beskuldig dat sy poste "verkoop"

 

News  Date: 08 November 2002

 

LOUIS TRICHARDT - Borgtog van R5 000 is hier in die plaaslike landdroshof toegestaan in 'n opsienbarende saak van beweerde bedrog. Altesaam 33 klaers en nagenoeg R60 000 is betrokke.

'n Ongetroude taxibestuurder, Sarah Ratombo, van Mashau Thenga, het vandeesweek weer in die hof verskyn in verband met die aanklagte. Sy is 42 jaar oud.

Volgens die klaers sou sy na bewering werksgeleenthede aan hulle verkoop het by die nuwe maksimum sekuriteits gevangenis. Die voornemende werknemers moes glo elk R2 000 opdok vir werksplasing in poste by 'n groot onderneming in Louis Trichardt, maar dit het toe nooit gebeur nie.

Sy het vir die eerste keer op 28 Oktober in die hof verskyn. Tydens haar verskyning vandeesweek is borgtog op R5 000 gestel.

Die saak is uitgestel tot 29 November, wanneer sy weer in die hof moet verskyn.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines