

ADVERTISEMENT:

News Date: 25 May 2012
Die South African Social and Security Agency (SASSA) verseker die ontvangers van ouderdomspensioene dat alles in hulle vermoë gedoen word om die herregistrasie vir hulle so gemaklik as moontlik te maak.
Die inwerkingstelling van die herregistrasie skuif waarskynlik in sommige gevalle ‘n paar maande aan.
Die nuwe sisteem wat deur SASSA geïmplementeer word om maatskaplike toelaes uit te betaal, geskied met behulp van ‘n biometries-gebaseerde betalingsisteem. Dit sal meer sekuriteit verleen, omdat uitbetalings met ‘n kaart en vingerafdruk gedoen word. Die kaart stel die begunstigde in staat om meer opsies vir betaling uit te oefen. Maatskaplike toelaes se geld kan byvoorbeeld getrek word by enige handelaar wat MasterCard ondersteun.
Die R10 miljard kontrak om die uitbetalings vanaf April te doen, is deur SASSA toegeken aan Cash Paymaster Services Eiendoms Bpk, wat op die NASDEQ en JSE gelys is.
SASSA se uitbetalingsnorme en -standaarde se norm 5 stel dit duidelik dat alle betaalpunte moet verseker dat basiese fasiliteite soos toilette, water, noodhulpkassies en beskerming te alle tye beskikbaar is (www.sassa.gov.za).
Die SASSA streekkantoor in die Vhembe distrik sluit daarby aan en vereis water, stoele, toilette en elektrisiteit by die geboue wat vir herregistrasiedoeleindes geïdentifiseer is.
Die herregistrasie program in Limpopo sal duur van Junie tot Desember 2012.
“As SASSA agentskap wil ons ons ouer en gestremde begunstigdes in ‘n veilige omgewing registreer,” lui ‘n brief van die Vhembe distrikkantoor.
Diegene wat gewoonlik na betaalpunte gegaan het, moes volgens die oorspronklike beplanning vanaf April soos gewoonlik daarheen gaan om pensioen te ontvang en herregistreer te word.
Diegene wie se toelaes in hul bankrekening of by die poskantoor inbetaal word, sal ‘n brief ontvang om hul herregistrasiedatum aan te dui. Hulle sal ook dan ‘n Smart-kaart ontvang. Dit behoort iewers in die periode vanaf Junie tot Desember te gebeur.
Die sogenaamde Sekulua kliënte, wat ‘n soort debietkaart gehad het, moes vanaf April begin herregistreer .
Mnr. T. D. Muofhe, amptenaar van SASSA se Vhembe streekkantoor, het hierdie week gesê dat die distrikte in Limpopo ingedeel is in die tydperk Junie tot Desember. Die navraag het gegaan oor die Makhado-, Tshikota- en Vleifonteingebied. Hy het gesê dat diegene wie se toelaes by die bank of poskantoor inbetaal word, waarskynlik in Oktober aan die beurt sal kom, maar het beklemtoon dat elke begunstigde ‘n brief in dié verband sal ontvang. Augustus is genoem vir die herregistrasie van diegene wat by betaalpunte toelaes ontvang. In Makhado sal Ons Tuiste se inwoners volgens die oorspronklike skedule vroeg afgehandel word.
“Die bejaardes wat oor 75 is, moet nie bekommerd wees nie. Ons sal hulle by hulle huise kom besoek,” het die amptenaar gesê.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
