ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Vulstasie op N1 teiken van rowers

 

News  Date: 25 May 2012

 

Die Bokmakierie Vulstasie langs die N1-noord is Sondagaand tydens ‘n gewaagde rooftog van derduisende rande beroof .

Die eienaar van die vulstasie, mnr. Theo Erasmus, het Woensdag vertel hoe een van sy petroljoggies deur twee rowers aangehou is met ‘n vuurwapen.

‘n Derde rower het glo in ‘n voertuig langs die N1 gewag. Die twee rowers het na bewering uitgeklim en gemaak of hulle brandstof wou koop, toe een 'n wapen uitpluk en op die joggie rig.

Die petroljoggie is gedwing om die vulstasie se geld aan hulle te oorhandig, waarna hulle in die rigting van Musina op die vlug geslaan het. Hul voertuig is later weer opgemerk, toe dit weer vanaf Musina in ‘n suidelike rigting gery het.

Niemand is in die voorval beseer nie. Die polisie is dadelik ontbied en ‘n polisieskets van een van die verdagtes is saamgestel. Teen druktyd is daar nog geen arrestasies gemaak nie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines