ADVERTISEMENT:

Gedigte om die son se oogknip te onthou

News  Date: 08 November 2002

Van al die ander dinge wat gebeur met die sonsverduistering, is die verskyning van 'n digbundel met 94 nuwe gedigte oor en rondom die eklips waarskynlik die interessantste.

Fanie Olivier, bekende digter en akademikus van ons kontrei, het vroeër vanjaar vir Nicol Stassen van Protea Boekhuis genader met die idee om 'n bundel nuwe gedigte uit te gee by geleentheid van en rondom die sonsverduistering op 4 Desember 2002. Digters is genader en 'n algemene uitnodiging het in die koerante en op die Lit-Net webwerf verskyn.

Meer as 110 gedigte is ontvang, en in 'n ruimhartige gebaar het die uitgewer sy deure wyd oopgegooi. Die gevolg is dat daar 94 digters aan die woord kom, baie van hulle vir die eerste keer. Die gedigte wissel van kort haikoes [3 reël-gedigte] tot een wat vyf bladsye lank is!

Die titel van die bundel is as die son kom oogknip, wat iets van die plesierigheid van die geleentheid wil aandui. Terselfdertyd vertel dit dat wat ons as iets belangrik beskou, eintlik 'n onbeduidende oomblik in die bestaan van ons sonnestelsel en die aarde is.

Uit die Soutpansbergomgewing is daar bydraes van Jan de Bruyn, Nelia Vorster en Fanie Olivier, terwyl die verste gedig van Peter Philander uit Amerika kom. Ander gevestigde digters van wie verse opgeneem is, is T T Cloete, Lina Spies, Joan Hambidge. Tom Gouws en Johan Lodewyk Marais.

Interessante bekende name van wie mens dinge kan lees, is Steve Hofmeyr, Fanus Rautenbach en radioman Henk Biermann.

Die bundel word amptelik bekendgestel op die oggend van die sonsverduistering by die Skedelgrot in die Tshiungani-koppe in die agterland van Venda, binne die 100% verduisteringstrook. Baie van die skrywers kom vir die geleentheid na die Soutpansberg toe, en lede van die publiek word ook uitgenooi om die geleentheid te kom vier.

Omdat die terrein nie maklik bereikbaar is nie, sou dit raadsaam wees as almal saam in die konvooi ry. Dit sou ook beteken dat saamrygeleenthede geskep kan word vir die roete oor Piesanghoek en Witvlag met agterpaaie langs deur pragtige stukke van die Soutpansberg, deur die droë dele van Venda en langs 'n nogal indrukwekkende kremetartwoud. Die rit neem ongeveer twee uur.

By die grot wag daar vroegoggend koffie en beskuit, en dan is daar geleentheid om die merkwaardige koppies te bekyk, 'n argeologiese terrein te besoek en jou eie beste plekkie uit te soek om die ondergang van die son dop te hou. Die donkerste oomblik is om 08:18.

Teen 10:00 word 'n feestelike ontbyt bedien, en die bekendstellingsfunksie is om 11:00. Van die digters sal hulle gedigte voorlees, en die bundels daar teken.

Die bundel sal egter ook van middel November af in die Soutpansbergomgewing te koop wees. Die Zoutpansberger sal sy lesers inlig van die verskillende verkooppunte en sal oor die volgende paar weke van die gedigte publiseer.

As u enige nadere inligting wil hê, kan u Fanie Olivier skakel by 082 925 1538.

Written by

ADVERTISEMENT:

Recent Headlines