ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Oud-Valk op spoor van swendelaars

 

News  Date: 01 June 2012

 

Hoop het opgevlam dat die mense wat op gewetenlose wyse ‘n pensioenaris van Makhado uit sy pensioen bedrieg het, vasgekeer sal word.

‘n Senior ondersoekbeampte van ABSA, wat voorheen aan die spesiale ondersoekeenheid, die Valke, verbonde was, het op 25 Mei Laerskool Louis Trichardt besoek, nadat een van hul werknemers uit amper die helfte van 46 jaar se pensioen geswendel is. Na sy aftrede is die pensioenaris weer deur die beheerraad van die skool in diens geneem.

In die pensioenaris se geval het twee vroue wat hulle as “staatsamptenare” voorgedoen het met “amptelike” dokumentasie in die hand, hom op 17 Mei kom oplaai om “departement” toe te gaan onder die voorwendsel van ‘n addisionele pensioenuitbetaling. In die voertuig het nog twee mans gewag. Die pensioenaris is eers na ABSA-bank in Polokwane geneem en ‘n onttrekkingsvorm is namens hom ingevul, wat hy aangesê is om te onderteken. Die vier het toe met ‘n groot sak, vol van sy swaarverdiende  geld, verdwyn.

Gelukkig was van die persone saam met die pensioenaris in die bank en behoort hulle deur die kameras op film vasgelê te wees.

“Ons is baie bly dat die saak ook van die bank se kant ondersoek word. ‘n Grootkop van ABSA se ondersoekspan, 'n oud-Valk, het ook ‘n verklaring by die pensioenaris kom afneem. Die ondersoekbeampte gaan oppad terug na Pretoria die bewyse in Polokwane bekom,” het die skoolhoof, mnr. Louis Linde, gesê.

Kaptein Maano Sadiki, woordvoerder van die Makhado SAPD, het Dinsdag gesê dat die lêer nie plaaslik geregistreer is nie, alhoewel dit hier oopgemaak is, en dat die lêer na Polokwane oorgeplaas is. Intussen het die skool reeds 'n saaknommer namens hul werknemer ontvang.

Provinsiale polisiewoordvoerder Kol Ronel Otto het Dinsdag bevestig dat daar in hierdie geval ‘n saak van diefstal van kontant by die Polokwane polisie aangemeld is. Polokwane polisiewoordvoerder adjudant-offisier Lesiba Ramoshaba, het gesê dat 'n ongenoemde bedrag vanaf ABSA in Landdros Maréstraat gesteel is.

"Daar is nog geen arrestasies gemaak nie, maar ons het verklarings van verskeie persone gekry en die diefstal word deur die speurtak ondersoek," het Ramoshaba gesê.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines