ADVERTISEMENT:

 

Die bolle stof in Andersonstraat, waar die padwerke maar net nie klaarkom nie, begin mense se gesondheid affekteer. In die oggende en middae wanneer skoolkinders na en van Hoërskool Louis Trichardt vervoer word, is dit baie erg. Motoriste kan mekaar beswaarlik in die stofwolke sien.

Stof veroorsaak nou mediese probleme

 

News  Date: 01 June 2012

 

Die langdurige padwerke in Andersonstraat, Makhado, en die gepaardgaande stof begin om mediese probleme te veroorsaak.

“Elke dag loop ek in hierdie bolle stof en nou begin dit my sinusse affekteer. Dit raak nou ‘n mediese probleem,” het me. Adri Denner verlede week gesê. Die Denners woon in Andersonstraat en stap elke dag heen en weer na Hoërskool Louis Trichardt.  Me. Denner kla ook dat haar man, mnr. Henry Denner, die skoolhoof, se bors nou met tye toetrek sodat hy nie asem kan kry nie.

“Ons hele huis is vol stof, die klere en die binnekant van die kaste is vol stof, alles is net stof,” sê me. Denner.

“Ons vrek onder die stof,” was mnr. Schalk Grobbelaar se woorde. Die Grobbelaars is ook een van die ongelukkige inwoners wat in die stowwerige stukkie van Andersonstraat woon. Die geweldige stof word veroorsaak wanneer voertuie elke oggend en middag honderde skoolkinders heen en weer vervoer.

Buiten die stof, is daar verkeersknope, as gevolg van verwarring oor waar daar gery kan word en waar nie. Op 24 Mei het sommige voertuie die laan naaste aan die tennisbane soos normaal van suid na noord gebruik, terwyl ander voertuie die ander laan, vlak voor die woonhuise, vir dubbelrigtingverkeer gebruik het. Dan is daar die groot gat, by die T-aansluiting van Stubbs- en Andersonstraat, wat misgery moet word.

Dit voel vir die inwoners en padgebruikers of Andersonstraat net nooit  klaarkom nie. Volgens die Makhado Munisipaliteit was die begindatum van die projek in Andersonstraat 25 Mei 2011 en die voltooidatum 25 Januarie vanjaar. Die publiek het al van September laasjaar begin stof sluk. Agt maande is dus al verby en die ongerief duur net voort.

“Die publiek is al moedeloos,” het een van die onderwysers by die skool opgemerk.

Volgens die terreiningenieur wat voorheen op die Andersonstraat-projek gewerk het, het verskeie faktore die vertragings aangehelp. Aan die begin was die algemene tekort aan bitumen, waarvan teer vervaardig word, ‘n probleem, asook laatbetaling van die kontrakteur. Verder het die randsteen-fiasko ook ‘n rol gespeel. Sommige van die randstene  wat op die terrein aangekom het was substandaard en is vervang met randstene van die regte gehalte.

Die pad wat foutiewelik met omtrent ‘n meter vernou was, nadat die randstene die eerste keer weerskante van die lane uitgepak is, het baie aandag getrek. Die nuwe burgemeester, Raadslid David Mutavhatsindi, is in Mei reeds  ingelig van dié straat wat heeltemal te nou was. Die randstene is weer weggeneem en wag nog vir die straat om geteer te word, voordat dit teruggeplaas word.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines