ADVERTISEMENT:

 

Verligte kruis met klippe bestook

 

News  Date: 01 November 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Die kruis wat op 5 Oktober vir die eerste keer verlig is, is deur vandale beskadig.

Reeds van vroegoggend op Woensdag, 30 Oktober het mnr. Dries Briers oproepe vanuit 'n ontstelde gemeenskap gekry om te verneem waarom die kruis nie Dinsdagaand gebrand het nie. Die rede was dat ses van die neon ligte en Perspex-beskermers stukkend gegooi is met klippe.

Ongeveer drie uur Dinsdagmiddag het mnr. Chris de Jager, eienaar van die grond waarop die kruis staan, gehoor hoe glas breek. Hy het dadelik vir past. Chris Mattheus, lid van die Kruiskomitee, geskakel om te sê dat iets nie pluis by die kruis is nie. Past. Mattheus het onverwyld per motor daarheen gery tot waar dit moontlik was en verder te voet die bult op gesnel. Daar gekom, het hy twee minderjariges aangetref. Hulle het erken dat hulle die skade aangerig het en het in gesprek getree met past. Mattheus.

Die Kruiskomitee sê dat die saak verder ondersoek sal word en herstelwerk sal deur die komitee en helpers vanuit die gemeenskap gedoen word. Daar word beoog om ook 'n dun staalnetwerk bo-oor die Perspex te plaas.

Die Kruiskomitee herinner die publiek daaraan dat die kruis op privaateiendom staan en dat betreding van privaateiendom sonder toestemming 'n oortreding van die wet is. Niemand het ook die reg om vandalisties op te tree nie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines