

ADVERTISEMENT:

News Date: 08 June 2012
Larissa Venter en Douglas Archer van Makhado dring deur na die finaal van die ATKV se landswye redenaarskompetisie.
Larissa, hoofmeisie van Hoërskool Louis Trichardt, is die wenner van die ATKV semi-finale rondte in Limpopo. Sy is met vlieënde vaandels deur die Limpopo-Noord uitdun op 4 Mei en is na afloop van die semi-finaal op 1 Junie aangewys as die Limpopo-wenner in die kategorie Afrikaans huistaal Graad 10 tot 12.
Douglas, 'n Graad 7-leerling van Laerskool Louis Trichardt, het op sy beurt die eersteplek verower in die kategorie Afrikaans eerste addisionele taal Graad 6 tot 7.
Hierdie twee wenners dring nou deur na die finale rondte, wat op 16 en 17 Augustus by die Buffelspoort ATKV-oord naby Rustenburg gehou sal word.
Skole van oor die hele Limpopo Provinsie het aan hierdie semi-finaal deelgeneem. Die kompetisie was straf en die standaard van die inhoud en lewering van die toesprake was hoog.
Deelnemers aan die kategorie Afrikaans Huistaal het deur uitdunne gegaan en die groepering van die grade was in die kategorieë grade1 tot 3, 4 tot 5, 6 tot 7, 8 tot 9 en 10 tot 12. Deelnemers aan Afrikaans eerste of tweede addisionele taal het bygekom in die semi-finaal en kon teen mekaar deelneem in grade 6 tot 7, 8 tot 9 en 10 tot 12.
“Dit is vir ons in die provinsie 'n groot eer en voorreg om hierdie sprekers geluk te wens en sterkte toe te wens vir die kompetisie,” sê me. Sussa Ehlers, organiseerder van die Limpopo semi-finaal.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
