ADVERTISEMENT:

 

Besoeker val met "kar" in die huis

 

News  Date: 25 October 2002

 

LOUIS TRICHARDT - 'n Inwoner van die dorp het 'n skokervaring beleef toe 'n onverwagte "besoeker" nie met die deur in die huis geval het nie, maar met die motor dwarsdeur die heining.

Omstreeks 14:10 op Woensdag (16de) het 'n wit Toyota deur die palisade-heining van mnr. Pieter du Plessis van Ruhstraat 26A gejaag. Die huis is op die hoek van Krogh- en Ruhstraat geleë. Die motor het teen 'n sterk vetplant en boom tot stilstand gekom 'n enkele meter van die muurtjie langs die huis.

Die slag waarmee die onverwagte besoeker deur die heining gebars het, het deur die omgewing weergalm. Lede van die publiek en werknemers van die besighede noord en suid van die toneel het na die oorsaak van dié slag kom soek. Met die polisie en omstanders se aankoms was die bestuurder van die motor reeds skoonveld.

'n Werker van die maatskappy wat besig is om die terrein van die Baptistekerk oorkant die ongelukstoneel te skraap, het dié petalje gade geslaan. Hy sê dat die bestuurder, wat in Kroghstraat in 'n suidelike rigting beweeg het, nie by vierrigting stopstraat gestop het nie. Sy het 'n bakkie getref en daarna deur die heining gejaag. Hy sê dat 'n man in 'n wit motor agter haar gery het. Volgens die ooggetuie het die man haar uit die motor gehelp en in sy motor weggeneem. Hy sê dat sy in staat was om te loop. Die bakkie het ook die toneel verlaat.

Die motor is erg beskadig aan die voorkant en die voorruit het gebars waar die bestuurder se kop die ruit getref het.

Mnr. Du Plessis sê dat hy die heining twee maande gelede laat oprig het. 'n Heining van dié aard kos ongeveer R26 000 vir 70 meter.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines