ADVERTISEMENT:

 

Die 54-jarige Joey Smith, wat vir jare lank ´n donker stryd met depressie gevoer het. Foto verskaf.

Skok ná drie hul eie lewens neem

 

News  Date: 18 June 2012

 

Talle inwoners sukkel steeds om sin te maak uit die tragiese omstandighede wat drie van die Soutpansberg-streek se inwoners genoop het om hul eie lewens te neem.

Veral die afsterwe van die 54-jarige me. Joey Smith het as ‘n groot skok gekom, nie net vir haar familie nie, maar ook vir die talle vriende wat sy in die dorp gehad het. Joey, wat vir lank ‘n donker stryd teen depressie gevoer het, het Sondag haar eie lewe geneem.

“Sy was ‘n pragtige en liewe mens ... dat ek só ‘n mooi mens moes verloor,” het mnr. Bennie Smith, Joey se man, Dinsdag gesê. Hy het Sondag haar liggaam in die egpaar se huis ontdek na hy teruggekom het van ‘n kerkdiens af.

Joey, wat vanaf  vyfarige ouderdom op Louis Trichardt gebly het, het hier haar skoolloopbaan voltooi, waarna sy gaan studeer het. Sy het in 1992 teruggekeer en haar weer hier op die dorp kom vestig. Sy het haar man, Bennie, in 1995 ontmoet en hulle is kort daarna getroud.

Joey sal veral onthou word deur die talle leerlinge wat by haar ekstra wiskundelesse geneem het. Sy het op ‘n stadium ‘n groep van 50 kinders gehad wat sy na skool gehelp het met wiskunde. Ten tye van haar afsterwe het Joey ook deeltyds uitgehelp by ‘n kleuterskool in die dorp.

Sy word oorleef deur haar man, haar broer en haar suster.

‘n Roudiens sal Vrydag, 15 Junie, om 14:00 vanuit die NG Kerk Soutpansberg-gemeente vir Joey gehou word.

Bennie het namens Joey se familie almal bedank wat hom en die familie ondersteun het met oproepe en besoeke.

Intussen het die polisie op Makhado Maandag bevestig dat hulle twee geregtelike doodsondersoeke geopen het, nadat nog ‘n man en vrou van die omgewing klaarblyklik hul eie lewens geneem het in twee aparte voorvalle.

In die eerste geval het die 55-jarige Louis le Roux, ‘n sakeman van die dorp, homself geskiet op Sondag, 3 Junie.

Die tweede ondersoek is geopen nadat ‘n me. Chatrine de Jager (56) ook na bewering haarself geskiet het. Sy is Maandagoggend met ‘n skietwond op haar seun se plaas, sowat 30km op die N1-noord, gevind. ‘n Vuurwapen is langs haar gevind.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines