ADVERTISEMENT:

 

Sakeman Jack Oosthuizen.

Sakeman weer in hof oor vermiste geld

 

News  Date: 25 June 2012

 

Die sakeman van Makhado wat daarvan beskuldig word dat hy saam met ‘n medebeskuldigde honderde duisende rande van hul werkgewer gesteel het, was die afgelope week weer in die hof.

Die 52-jarige Jacobus Christiaan Oosthuizen, alombekend as Jack, het Maandag weer in die Streekhof hier verskyn. Sy medebeskuldigde, Jacques Julian Koch (36), is in Augustus verlede jaar reeds op dieselfde klag ses jaar direkte gevangenisstraf opgelê.

Die diefstalklagte wat gebring is teen die twee mans hou verband met geld wat vermis geraak het terwyl hulle werksaam was by Bridge Auto in Makhado. Koch was ‘n  verkoopsman en Oosthuizen die bestuurder van die tweedehandse voertuie-afdeling van Bridge Auto. Hulle het glo gedurende 2010 die geld saam van kliënte verduister.

Koch het tydens sy verhoor gebieg dat hy en Oosthuizen die geld gevat het en daarmee gaan dobbel het. Al die geld was afkomstig van Bridge-kliënte wat motors kontant gekoop of verkoop het.

Tydens Maandag se hofverskyning het Oosthuizen se regsverteenwoordiger gevra dat sy kliënt se saak uitgestel moet word, sodat hy kans kan kry om verdere besonderhede by die Staat aan te vra.

Oosthuizen se saak is uitgestel tot 7 Augustus vir verhoor.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines