

ADVERTISEMENT:

News Date: 02 July 2012
Gaan die Makhado Munisipaliteit aanspreeklikheid daarvoor aanvaar as rondloperbeeste op die munisipale vliegveld buite Makhado ‘n vliegongeluk veroorsaak?
Dit is die vraag wat munisipale woordvoerder, mnr. Louis Bobodi, nie geantwoord het nie.
Bobodi is gevra om kommentaar te lewer op die probleem van rondloperbeeste op die munisipale vliegveld wat deur hul eienaar(s) van die aangrensende munisipale weidingskamp “deurgejaag” word om daar te gaan wei.
Die probleem het Sondag weer vir ‘n paar benoude oomblikke gesorg. Plaaslike vlieënier Lizet Joubert sê dat sy Sondagoggend ingekom het om te land. Haar enigste struikelblok was beeste op die landingsbaan wat sy moes vermy. Net na haar het nog ‘n vliegtuig kom land, wat ook met moeite die trop beeste moes probeer vermy.
“Die beeste hou ‘n astronomiese gevaar in vir vlieëniers en hul passasiers,” het Joubert gesê.
Buiten die vraag of die munisipaliteit verantwoordelikheid sal aanvaar vir ‘n vliegramp as gevolg van rondloperbeeste afkomstig uit hul eie weidingskamp, is hulle ook gevra wat hul huurkontrak met die beeste se eienaar(s) behels en hoe hulle die probleem gaan aanspreek? In antwoord hierop het Bobodi gesê dat hulle reeds die eienaars van die beeste gewaarsku het dat as hulle nie hul heiningdrade teen middel Julie herstel het, sodat die beeste nie kan deurbreek nie, gaan die munisipaliteit die huurooreenkoms met hulle kanselleer.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
