ADVERTISEMENT:

 

Die immergroen munisipale woonwa park in Groblerstraat, wat feitlik dag en nag besproei word, het menige inwoner laat wonder waar die water vandaan kom en waarom meeste inwoners dan elke dag sonder water sit?

Water op, maar genoeg vir woonwapark

 

News  Date: 02 July 2012

 

Waar kom die klaarblyklike wonder water dan nou skielik vandaan?

Dit is die vraag in die gemoed van talle as daar gekyk word na die oënskynlike onuitputbare bron van water waarmee die Makhado Munisipaliteit hul munisipale parke besproei.

Wenkbroue het veral gelig oor die munisipale woonwapark in Groblerstraat, wat feitlik dag en nag besproei word.

Makhado munisipale woordvoerder mnr. Louis Bobodi is genader om uit te vind waar die skynbare wonderwater vandaan kom. Hy het na ‘n week die koerant laat weet dat die munisipaliteit ‘n “toegewyde boorgat” het wat gebruik word om die woonwapark mee te besproei.

Bobodi het voet by stuk gehou dat die munisipaliteit nie herwinde rioolwater gebruik vir dié doel nie. “Ons gebruik nie rioolwater in ons openbare parke nie,” het hy gesê in ‘n e-pos Dinsdag. “Ons besproei nie die parke as daar nie water in die dorp is nie.”

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines