

ADVERTISEMENT:

News Date: 06 July 2012
Dit was polisieselle toe vir twee vermeende booswigte, danksy die wakker optrede van ‘n jong inwoner van Makhado.
Mnr. Werner van Zyl, ‘n werknemer van PC Worx in Makhado Crossing, het dadelik onraad vermoed toe twee mans verlede Donderdag by die winkel aangedoen het. Volgens Van Zyl het die mans ‘n baie duur skootrekenaar by hulle gehad, waarvoor hulle ‘n batterylaaier wou koop.
Met dié dat hy onraad vermoed het, het Van Zyl kop gehou en die rekenaar na sy werkbank agter in die winkel gevat, waar hy persoonlike dokumente, foto’s, musiek en video’s ontdek het van ‘n Afrikaanse gesin.
Onder andere het Van Zyl op ‘n curriculum vitae afgekom met ‘n kontaknommer. Die rekenaar het toe al die tyd aan ‘n vrou van Johannesburg behoort. Volgens die vrou, sê Van Zyl, is die rekenaar ‘n ruk tevore gesteel toe daar by hulle huis ingebreek is.
Die twee mans is gekonfronteer met die inligting.
“Hulle het verskillende verskonings gehad oor waar die rekenaar vandaan kom,” het Van Zyl gesê. Die sentrum se sekuriteit is dadelik geroep en die mans is in die winkel aangehou, totdat die polisie hulle kom arresteer het.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
