ADVERTISEMENT:

 

Vyf verhoorafwagtendes ontsnap uit selle

 

News  Date: 11 October 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Vyf verhoorafwagtende misdadigers, wat deur die polisie as uiters gevaarlik beskou word, het vroeg Woensdagoggend vanuit die plaaslike polisieselle ontsnap.

Die vyf misdadigers, William Ramaloko (29), Leonard Mukwevho (25), Tshivhidzo Lifuka (28), Charles Mutina (26) en Daniel Nemaitoni (19), het eers die traliedeur voor hul sel oopgesaag, waarna hulle sonder moeite toegang tot die stortfasiliteite verkry het, aangesien die tweede sekuriteitsdeur in hul sel klaarblyklik nie gesluit was nie. Hulle het daarna 'n laken aan die dak vasgebind en 'n gat in die dak gebreek. Die vyf mans het een na die ander na buite geklim en in die donker verdwyn. Die voorval het tussen 03:00 en 04:00 plaasgevind.

Die polisie het inwoners gewaarsku om die mans as uiters gevaarlik te beskou en om nie te probeer om hulle aan te keer nie. Ramaloko is aangekeer op 'n klag van gewapende roof, terwyl Mukwevho en Mutina gearresteer is op klagte van verkragting. Lifuka en Nemaitoni was verhoorafwagtend op klagte van onderskeidelik huisbraak en diefstal.

Teen druktyd kon die polisie nog nie daarin slaag om enige van die voortvlugtende mans aan te keer nie. Die publiek is versoek om die polisiestasie te skakel by tel. (015) 519 4300 indien hulle weet waar die mans hulle bevind.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines