ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Gemeenskap gevra om harte oop te maak

 

News  Date: 20 July 2012

 

Die gemeenskap word gevra om hul harte en beursies oop te maak en te help betaal aan die 72-jarige tannie Joey Viviers van Makhado (Louis Trichardt) se mediese onkostes.

Tannie Joey het Sondag geval en haar femur net bokant die knieg sleg gebreek. Sy benodig dringend ‘n noodoperasie om die breuk te probeer herstel, maar die familie beskik oor geen mediese fonds nie. “As die breuk nie herstel word nie, kan sy haar been verloor of selfs erger,” het ds. Phillip Venter van die NG Kerk Soutpansberg-gemeente gesê.

Aanvanklik het die koste vir die operasie R85 000 beloop. Intussen is die kwotasie verlaag na R59 000.

In ‘n poging om geld in te samel om te help met die betaal van die mediese onkoste, beplan Soutpansberg-gemeente ‘n paintball & piekniek-dag op Saterdag, 28 Julie by ds. Rudolph Botha op die plaas, letterlik loopafstand vanaf die dorp.

Deelname beloop R150 per persoon en sluit die gewere en toerusting in. Worsbroodjies sal ook verkoop word, maar eie eetgerei en komberse moet saamgebring word. Die verrigtinge begin om 09:30.

Persone wat nie kans sien vir die paintball & piekniek-dag nie, is ook welkom om geld direk in te betaal in die gemeente se bankrekening. Betalings kan gemaak word aan die NG Soutpansberg, ABSA, rekeningnommer 1000000201, met Joey Viviers as verwysing.

Vir meer inligting, skakel ds. Botha by tel. 084 645 0391 of ds. Venter by 083 444 7672.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines