

ADVERTISEMENT:

News Date: 27 July 2012
“Een ding van ou Kallie was dat hy vinnig vriende gemaak het. Hy het selde by ‘n plek weggegaan waar hy nie vriende gemaak het nie”.
So onthou Koos Engelbrecht sy broer Kallie, wat verlede Woensdag gedurende die vroeë oggendure oorlede is, vermoedelik weens ‘n hartaanval. Hy was 57 jaar oud.
Die Engelbrecht-broers van Makhado (Louis Trichardt) is welbekend in die Soutpansberg, veral weens hul betrokkenheid as fotograwe by sportgeleenthede soos onder andere die Khoroni 4x4-naweek.
“Kallie was ‘n verskriklike rustige mens en ‘n swerwer in wese. Hy was na aan die natuur en die boslewe het vir hom ‘n bekoring ingehou,” sê Koos.
Kallie het ten tye van sy dood by ‘n vriendin in Polokwane gekuier. Gedurende die vroeë oggendure van Woensdag, 18 Julie, het hy wakker geword en vir sy vriendin gesê hy voel nie lekker nie. Hy het opgestaan om ‘n glas water te gaan drink en weer kom lê. Kort daarna het sy vriendin opgemerk daar is groot fout en dadelik mediese hulp ontbied. Met hul aankoms het paramedici gepoog om Kallie weer by te bring, maar hul pogings was tevergeefs.
Wyle Kallie word Vrydag, 27 Julie om 12:00 vanuit die Rand-en-Dal-gemeente in Krugersdorp, waar sy kinders Maryka, Carma, Nicola en Wouter woon, begrawe.
Die Engelbrecht-familie het hul dank uitgespreek teenoor almal wat hulle bygestaan en ondersteun het met die nuus van Kallie se dood.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
