ADVERTISEMENT:

 

Skoolhoof sterk aan

 

News  Date: 27 September 2002

 

LOUIS TRICHARDT - Die hoof van Levubu Laerskool, mnr. Nico Botes, sterk tans in die Unitashospitaal in Pretoria aan, na 'n veelvuldige hartomleidingsoperasie.

Mnr. Botes het verlede Saterdagaand skielik siek geword. Sy eggenote, mev. Ria Botes, het hom na die Louis Trichardt Gedenkhospitaal gebring, waar hy ondersoek is en onmiddellik per ambulanswa na die Unitashospitaal afgevoer is. 'n Veelvuldige hartomleidingsoperasie is reeds Sondagoggend uitgevoer.

Mev. Botes het Dinsdag by navraag gesê die operasie het goed afgeloop. Mnr. Botes moes na die operasie nog 'n geruime tyd onder sedasie en aan die ventilator gekoppel bly, soos wat gebruiklik is wanneer dié soort operasie op kort kennisgewing moet geskied.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines