ADVERTISEMENT:

 

Kind eindelik in plek van veilige bewaring

 

News  Date: 27 September 2002

 

LOUIS TRICHARDT – 'n Sestienjarige kind wat hier vir etlike maande in die polisieselle toegesluit was, is na die veilige hawe vir jeugdiges in Polokwane verwyder.

Die oorplasing van die jeugdige volg op 'n berug wat verlede week in die Zoutpansberger verskyn het, waarin die onhoudbare omstandighede aan die lig gebring is, waaronder die kind hom bevind het.

Die jeugdige is die eerste keer in Januarie vanjaar in hegtenis geneem. Nadat hy in die hof verskyn het en aanvanklik in die sorg van sy ouers vrygelaat is, is hy weer in hegtenis geneem en op aanbeveling van 'n maatskaplike werker deur die hof na 'n verbeteringskool verwys.

Aangesien die Noordelike Provinsie (Limpopo) oor geen sodanige geriewe vir jeugdiges beskik nie, moes onderhandelings met 'n inrigting in Mpumalanga gevoer word. Die kind se plasing in die inrigting is vetraag deur 'n haakplek in die onderhandelings.

Die maatskapplike werker wat die aangeleentheid moes behartig, het by navraag gesê dat hy nie bewus was van die bestaan van die veilige hawe in Polokwane nie.

Tot dusver kon niemand by die Departement Gesondheid en Welsyn of by die SAPD lig werp op die vraag, hoe dit moontlik is dat 'n minderjarige kind vir etlike maande, strydig met die bepalings van die Kinderwet, in polisieselle saam met volwassenes aangehou kon word, sonder enige hoë vlak ingryping nie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines