ADVERTISEMENT:

 

Reuse luislang slagoffer van onwettige jagters

 

News  Date: 10 January 2003

 

LOUIS TRICHARDT – Ten spyte van talle vergaderings om die probleem van onwettige hondejagters op plase aan te spreek, wil dit voorkom asof boere nog vir lank met die probleem sal sit.

Mnr. Gert van Zyl van die plaas Melkhoutkopjes is een van baie boere wat daagliks 'n "verloor"-stryd veg teen die wrede manier van jag. Honde wat vir dae lank uitgehonger word, word onwettig op plase vrygelaat om wild en vee aan te keer (oftewel lewendig te verskeur). Alhoewel wilddiewe wat aangekeer word telkens honger en leë mae aanvoer as die rede waarom hulle onwettig jag, blyk die teendeel egter waar te wees. Die onwettige handel in wild- en ander vleis wat onwettige op plase gejag word is tans 'n florerende besigheid veral in landelike woongebiede.

Verlede week het mnr. Van Zyl weereens 'n groep hondejagters op heterdaad betrap. Alhoewel die jagters daarin kon slaag om op die vlug te slaan, is daar egter een jaghond in die proses doodgeskiet. By nadere ondersoek van die toneel waar die hondejagters betrap is, het mnr. Van Zyl 'n sleepspoor opgemerk en etlike meters verder in digte bosse 'n reuse luislang van digby die vyf meter opgemerk. Die slang is ondermeer deur die honde gebyt en wreedaardig met spiese doodgesteek. Wat die wilddiewe se motivering te wees vir die doodmaak van die slang blyk duister te wees. Hulle was egter van plan om die slang saam te neem, aangesien 'n tou om die nek vasgebind was waarmee hulle die slang gesleep het.

'n Ontstoke mnr. Van Zyl het vertel dat baie moeite op die plaas gedoen word ten opsigte van natuurbewaring en dat voorvalle soos hierdie, wat feitlik daagliks plaasvind, ernstige kommer begin wek ten opsigte van die volhoubare ontwikkeling van die dierelewe. Hy sê dat daar in die verlede al groot moeite gedoen is om slange soos hierdie op die plaas te hervestig en dat die slange as kroonwild geklas word.

"Hieruit is dit duidelik dat sekere groepe mense hoegenaamd geen benul van bewaring het nie en volhoubare ontwikkeling binne 'n Afrika-konteks, die fondament van bewaring, nooit kan of sal eer en waardeer nie," het mnr. Van Zyl gesê.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines